D'Vine Smithfield

D'Vine is 'n tuisnywerheid met tuisgebakte lekkernye en handgemaakte items uit die kontrei. Ons spog graag met die talent en kreatiewe werke van ons eie plaaslike mense.

Daar is 'n klein spyskaart met 'n soet en soutgebak van die dag. Quiche,Vlakoek, Kaaskoek ens. Zezi die winkel assistent is die beste Cuppachino maker in die distrik en kan van Fudge Lattes tot Red Esspressos bedien. Ander fyngebak behels vars gebakte koekies, beskuit, konfyt en die lekkerste ystervarkies onder die son.

Handgemaakte items in die winkel wissel van pennesakkkies, speelgoed, egte wol artikels, juwele en enige kreatiewe skepping van 'n Smithfield of omliggende dorpe se inwoners.

GESKIEDENIS

D'Vine was 'n onverwagste geleentheid wat oor Annika Smith en Lizette Prinsloo se pad gekom het. Lizette het eendag die Fisioterapeut besoek by die kliniek waar Annika tans as Arbeidsterapeut gewerk het. In die gang het hulle gesels oor 'n gemeenskaplike droom om 'n coffee shop in Smithfield te hê. Ses weke later was die droom 'n realiteit en het D'Vine sy deure geopen in die ou slaghuis.

WERKSWINKELS

Deel van die D'Vine droom is om mense te bemoedig met koffie en 'n hartlike atmosfeer. Daarmee saam is die droom om mense te inspireer en geleentheid te bied om vaardighede aan te leer. Daar word maandeliks gepoog om werkswinkels aan te bied. Daar is reeds 'n hoender ontbeen kursus so wel as Annie Sloan verf kursus aangebied. Vir meer inligting hou ons Facebook bladsy dop.

BESPREKINGS

Die winkel is oop van 9h00 to 16h00 met die nuutste Volksblad elke dag saam met jou koffie.

Ons is ook beskikbaar vir ooievaarstees, verjaarsdagpartytjie of werksafskeids partytjies. Ons kan tot 15 mense akkomodeer. Vir geleenthede of partytjies is vooraf bespreking nodig.

Ure: 9h00  tot 16h00

Kry ons op Facebook: www.facebook.com/DVineSmithfield/

Contact information

Name: 
Annika Smith
Telephone: 
083 2999 571

Location: 

President Hoffman Street
9966 Smithfield , Free State
South Africa
30° 12' 47.4048" S, 26° 31' 55.3944" E
Free State ZA

Related services and activities: 

You are here