Beste Student In Kleinvee

Die 2015 Nasionale Wolkwekersvereniging prys is oorhandig aan Dr. Daleen Roos (née Bester) wie aangewys is as die beste student in Kleinveekuddegesondheid en –produksie by die Universiteit van Pretoria. Die jaarlikse trofee is oorhandig deur Prof. Ken Pettey van die Fakulteit Veeartsenydienste tydens ‘n toekenningsgeleentheid aan die einde van November.  

Daleen het grootgeword as 'n plaaskind in die Noord-Oos Vrystaat.  Sy het gematrikuleer aan Hoërskool Vrede waarna sy haar BVSc graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf het.  Vir veeboerdery het sy 'n besondere liefde!  Sy reken dat dit baie belangrik is om self ook te boer om te verseker dat sy as veearts haar kliënte se behoeftes en uitdagings in 'n hedendaagse boerdery beter kan verstaan.  Sy spog met haar eie Hampshire Down Stoetery en boer ook met Boerbokke, Dormers en Dohne-Merino's saam met haar man, Paul Roos.

Na afloop van haar verpligte gemeenskaps diensjaar (wat sy in Standerton, Mpumalanga gaan doen), beoog Daleen om 'n loopbaan te volg wat toegespits is op reproduksie van skape, bokke en beeste."

FOTO – Prof. Ken Pettey en Dr. Daleen Roos

SmiffieNews is Smithfield's very own community magazine.

Contact SmiffieNews: Box 88 Smithfield 9966 Tel: 051 683 0133
Articles can be submitted to the editor via our Contact Us page.

Follow SmiffieNews on Facebook

You are here